Soos Winter
Soos winter het ek by jou ingekruip / onder
die lakens van jou vel ingesluip
My koue het by jou kom warm raak / jy het
die gevoel van somer in my wakker gemaak
Soos winter het ek teen jou opgekrul / jou
warmte gesteel en jou lyf gekul
En so het my koue soos die middagson geraak
/ jy het die gevoel van somer in my wakker gemaak
En moeg / die volgende môre weer /
daarvanuit wakker te word
Slaap te bowe / in en uit my drome / en in
jou arms ‘n heilige fort
Net jy / is soos hemel vir my
Jy is my winter
Soos winter het ek by jou ingekruip / onder
die lakens van jou vel ingesluip
My koue het by jou kom warm raak / jy het
die gevoel van somer in my wakker gemaak
En moeg / die volgende môre weer /
daarvanuit wakker te word
Slaap te bowe / in en uit my drome / en in
jou arms ‘n heilige fort
Net jy / is soos hemel vir my
Jy is my winter
©2015 / J. J Brits
No comments:
Post a Comment