Was jy al by die Bavaria Teater te Melkbosstrand?
Nie? Wel, hier kom 'n ding...
Julie, 2015, is weer HUISKONSERT tyd! 24 en 25 Julie word daar twee produksies na mekaar op die planke gebring by die BAVARIA TEATER in Melkbosstrand. Min het al die FAK sang-show in die Wes Kaap gesien, en vanjaar bring ons die produksie na ons tuisdorp!
Die program lyk so:
Voorskou -
Kleurvol,
deur J. J Brits en Yolande Strauss
Hoof Vertoning -
MOERKOFFIE, 'n FAK sang-show,
deur Doringdraadduwwels
Klank en beligting word behartig deur:
SMALL ROOM STUDIO PRODUCTIONS
Kaartjies en kostes:
Kaartjies verloop teen R120 per persoon.
Gaste is welkom om hul eie drank saam te bring na die aand vertoning. Daar sal koek en tee beskikbaar wees by oggend vertoning. En Tequila by beide.
Bespreek sitplekke by:
jakkals@smallroom.co.za
Daar is slegs 50 sitplekke per vertoning beskikbaar.
Die produksie is 90min lank.
Meer inligting rondom die produksie word binnekort bekend gemaak.
No comments:
Post a Comment