Dié
Afrikaanse groep is ZANDKLOOF en bestaan uit Milan Joan en Die Wolf en hulle
staan vir niks terug nie.
SMALL ROOM STUDIO PRODUCTIONS se producer, Jandre Spangenberg, het iets in
Die Wolf se werk gesien. Die Wolf het eers vir Milan in September genader en sy
het eers werklik op die voorgrond gekom kort voor die opnames in vroeg
Februarie begin. Die ZANDKLOOF kort-album is pas voltooi in die
Wes-Kaapse opname ateljee te Melkbosstrand, en die span is tans aan die woeker
om hul musiek na nuwe hoogtes te neem.
Die Wolf, liedjieskrywer van formaat, het vyf
uitsonderlike liedjies vir die kort-album geskryf. “Ek wou Afrikaans skryf wat
nie op die radio speel nie, maar dit dan radio toe vat,” erken hy. “Die lirieke
spreek tot almal, en suiwerheid van my moedertaal is vir my baie belangrik. Woorde
soos “bokkie” en “rooi rokkie” sal nooit in my werk verskyn nie.”
Milan Joan, die groep se anker sangeres, het haar
goed van haar taak gekwyt om dieselfde styl, maar in Afrikaans, tot die snitte
op die kort-album te bring. Haar falsetto is eerie maar in die kol en haar sang styl herinner ook aan Katie
Melua en Norah Jones.
Tydens ‘n onderhoud het Milan Joan die
volgende gesê:
“Alhoewel ek nie in haar skoene volg nie, is Lana Del Rey verseker my gunsteling
sangeres. Ek kan nie genoeg kry van haar styl, die gevoel van haar musiek en
die slim lirieke nie. Ander kunstenaars wat my deur die jare beïnvloed het is Florence and the Machine, The Civil
Wars, die indie band Daughter, en meer onlangs The Cranberries.
Vandat ek kan onthou was ek lief vir musiek.
My ma het seker gemaak dat ons kinders ‘n sterk liefde vir musiek ontwikkel. My
eerste musiekinstrument was die blokfluit. Ek het daarna ‘n bietjie dwarsfluit
ook gespeel. Ek kan ook klavier speel, maar niks om oor huis toe te skryf nie.
My gunsteling instrument is die kitaar wat ek van graad agt af speel.
Ek wou van kleintyd op die verhoog en voor
die kamera wees. Dit is iets wat ek graag wou doen, sonder om te vrees dat ek
dit dalk nie in my het nie. Ek het deur die jare gevind dat musiek ‘n groot
platform is waardeer ek ander mense kan bekom wat nes ek ‘n liefde vir musiek
het, maar dalk hulp nodig het om iets meer daarvan te maak. ‘n Definitiewe
dryfkrag was om met mense musikaal te verkeer. Was dit nie vir die geloof wat
my ma, my broer, vriende en sangonderwyseres in my gehad het nie, sou ek nie my
ware passie nagejaag het nie. Ek wil dieselfde doen; om ander te inspireer met
my talent. My ma was so ‘n groot inspirasie en ek wil haar inspirasie oordra
aan ander mense.”
Volg die link:
http://zandkloof.co.za/
©2015 / J. J Brits
No comments:
Post a Comment