Yolande STRAUSS
EKSLUSIEF:
Die Mooi En Kleurvolle Sy Van Musiek
In onderhoud met J. J Brits
“DAAR IS FEETJIES, kleine feetjies in my tuintjie en ek wonder wie kan
raai waar hulle woon...”
Sy het al gesing toe sy sewe jaar oud was; ‘n pokkeltjie
in ‘n neon-pienk rok op Laerskool Pionier, Volksrust, se verhoog. Dit was haar
eerste rol; om die sidekick van ‘n
feetjie te speel. Dié gebore Namibiër
kon toe al ‘n noot raak sing.
Yolande Strauss begin in ‘n jeugkoor sing in Standaard 5 (vandag se
Graad 7). Sy vind daar dat die lewe van ‘n koorsanger plesierig is, en
ontwikkel ‘n passie vir musiek, kunste en koortoere. Sy presteer goed en word
ook aangekondig as Hoofmeisie daardie jaar.
Sy kies Hoërskool Ermelo, nie asgevolg van sport of akademie nie. Omrede
hulle musiek sentrum beter was as al die ander Hoërskool opsies. En sy sing dat die onderwysers haar in die
skoolgange hoor. Maar sy leer ook hard en vorder tot by Unisa Graad 7 vir sang.
In graad agt neem sy deel aan Sterre
2000, ‘n liedjieskrywer en sanger kompetisie. Sy behaal die top 30 met die duet Huis Paleis saam met Helene Basson.
Tydens haar matriekjaar verbreed haar wêreld. Sy word gekeur as lid van
die Nasionale Jeugkoor. Vir die eerste keer sing sy in ‘n koor waar swart mense
deel vorm en besef dat die kleur van jou vel geen verskil maak nie – jou ras
maak jou nie minder mens nie. Ons is almal dieselfde, ons het enerse issues. Dit was ‘n groot waarmaak
oomblik vir haar.
Sy studeer op Pukke in 1996. B-mus is die gekose rigting, maar sy maak
nie haar graad klaar nie. Sy verander na haar eerste jaar van rigting, en
studeer Politieke Wetenskappe. Sy studeer vier jaar, maar maak ook nie dié graad
klaar nie.
“Ek het op Universiteit gebly om Alabama te doen,” vertel Yolande. Sy
sit gemaklik op ‘n nuut oorgerekte enkelbank wat sy by haar skoonouers ge-erf het.
Ons voer ‘n onderhoud in haar musiekkamer, drink masjien cappucino en kyk terug
in tyd.
“Ek was
die enigste eerste jaar student in my koshuis wat Alabama gemaak het in 1996. Dit
het per toeval gebeur. Ek was laat...wou eintlik aansoek gedoen het vir die
studentekoor. Ek het die oudisies met twintig minute gemis! Ek was net betyds vir
Alabama oudisies, maar ek het nie geweet wat dit behels het nie. Toe ek hoor
daar word gesing, toe bly ek sit. Dit is seker een van die min kere dat ek
dankbaar is ek laat was want Alabama het my lewe verander. Dit het my studente
jare wonderlik gemaak.”
Deur die week loop sy klas, maar in die aande word daar geoefen om
naweke en tydens skoolvakansies reg oor die land te toer en konsert te hou. Min
weet dat Helene Bester haar toermaat was in haar eerste jaar.
“Ons het skreeusnaakse dinge beleef op toer,” sê sy met ‘n stoute gelag.
“Daar is baie stories, maar die een wat my altyd opval was toe ek ‘n knie operasie
moes kry. Daar was nie van afvat en iemand anders wat vir jou instaan nie. Ek
was ‘n Alabama lid en moes klaarkom met ‘n been waarop ek nie kon staan nie.
Toe word daar gereël dat ‘n lid van die backstage crew my op die verhoog dra.
Toe my liedjie klaar is, bly ek op die verhoog agter. Die crew lid het vergeet
om my weer te kom haal. Daar staan ek en ek mis die krukke wat ek nie saam met
my op verhoog kon neem nie. Ander oomblikke wat ek eerder hervertelling sal
spaar het gesorg vir vet pret.”
Sy ontmoet Mari Laufs in 1997. Min weet hulle tydens die ontmoeting dat
hul paaie vorentoe nog vele male sou kruis.
“Die ouer Alabama lede het gedink Mari was ‘n wilde meisie. Sy moes glo in toom gehou word,” vertel Yolande. “Sy kon sing
en goed teater speel, maar sy het die ouer studente senuagtig gemaak.”
As ouer lid van die Alabama-groep, word die taak toevertrou aan haar om
Mari in toom te hou. Hulle word dadelik boesem vriendinne. In 1998 skep hul, en
‘n derde lid Nandie, Die
Doringdraadduwwels en voer hul eerste vertoning op die PUK se kampus
talentfees.
Sy en
Herman van der Walt span saam, vorm Ambrosia, en neem twee maal deel aan ATKV
se Cresendo.
In 1999 kom hulle tweede met Herman se oorspronklike komposisie ‘Kaalvoetkind’.
Die wenner was Petronel Baard.
In 2000 vat hul weer die troosprys met Herman se oorspronklike
komposisie ‘Pleister’. Dit was die
jaar wat Riana Nel gewen het.
Maar
albei jare is musiekvideos vir Geraas
gemaak as deel van die kompetisie. TV was deel van die stemproses sodat kykers
kon stem vir hul gunsteling.
Ook in 2000, maar die keer alleen, neem Yolande deel aan Beeld Liedjieskryf kompetisie en kom 2de
met haar eie verwerking ‘Jeans’. Mel
Botes het die kompetisie daardie jaar gewen.
“Ek het geen skaamte,” erken Yolande, “om te sê ek het in my lewe al verloor teen Mel Botes en Riana Nel. Min mense
kan dit sê. Sing en optree is vir my so natuurlik soos asemhaal. Sit my op ‘n
verhoog en ek voel tuis. Ek neem nie deel aan kompetisies om te wen nie. Ek
doen dit omdat dit ‘n geleentheid is om te kan musiek maak voor kenners. Ek sou
dit verseker weer doen as ek kon oorkies.”
Verder word sy deel van twee Johan Vorster musiekproduksies wat hy as
student vir die PUK geskryf het. Sy werk by Foschini
om haar studies te betaal. In haar vierde Universiteitsjaar werk sy ook as bemarkingsbestuurder
vir Alabama en in haar laaste jaar is sy die PRO vir die departement van
Kultuur van die PUK.
Na
Universiteit doen Yolande haar eerste eenvrou vertoning getiteld; Blouklip, en voer dit op by Fourways
Teater in Pretoria. Die vertoning was uitverkoop.
In 2003, na verhuising na George, kry sy ‘n oproep uit
die blou. Christa Steyn is aan die anderkant van die lyn.
“Sy’t my CD gehoor by ‘n haarkapper pel van
my en van my stem gehou. Kan jy dit glo? Ek was stom. Ek meen, hoe toevallig
is dit!”
Christa Steyn het ‘n sangeres gesoek
om een van haar liedjies te sing by Crescendo daardie jaar. Die kompetisie het
‘n verandering ondergaan en die beoordelaars, waarvan Christa een was, moes by
‘n geleentheid optree. Yolande het dadelik ingestem. Sy het die volgende
vliegtuig uit George na Pretoria geklim om deel die liedjie ‘Ek wil vir jou’
saam met Christa op te voer.
“Ek het daar gekom, ons het net een oefening
gehad, en toe gebeur dit…” vertel Yolande. “Ons het goed oor die weg gekom, ek
en Christa, en die optrede was ‘n groot hoogtepunt.”
In 2004 word sy weer deur Christa benader.
Hierdie keer om deel te vorm van Nagkantoor,
‘n produksie geskryf deur P.G du Plessis in herdenking aan Koos du Plessis. Sandra
Prinsloo het die regie behartig. Vir twee jaar deel sy die verhoog saam met Christa, Jannie du Toit, Mathys Roets, Mauritz
Lotz, Susan Mouton en Charlene Truter.

Die jaar 2010 slaan sy nog ‘n gelukkie weg.
Sy staan in as tydelike musiekonderwyseres by Laerskool Hoekville, hoor van ‘n
sang kompetisie, Avon Voices, en
skryf in. Sy wen ‘n vliegkaartjie Parys toe, en is een van slegs drie vrouens
uit Suid-Afrika wat internasionaal deurdring.
Yolande trek net haar skouers op, want hoe
kan een mens so gelukkig wees? “Ek het in die Hilton gebly vir vier dae in
Parys,” vertel sy. “Ek moes die Beatles
se Let It Be opneem om verder deur te
dring in die kompetisie, en toe eventueel die top 50 gehaal. Dit was ‘n groot
eer.”
In 2011 verhuis hul Wes-Kaap toe en maak
hulself tuis op die kusdorpie van Melkbosstrand. Nog ‘n oproep van uit die blou
verander haar lewe.
“’n Jong vliegskool-eienaar het my gebel in
verband met ‘n webtuiste wat ek vir hom moes bou. Toe ons ontmoet, en ek besef
dat hy ‘n opname ateljee in sy huis het was ek so stom soos toe Christa my
gebel het. Ek en Jandre Spangenberg het eenvoudig geclick. Dit kon nie anders nie, ons het albei kunstenaar-siele. En
die res, soos hulle sê, is history…”
Tans is Yolande ‘n gevestigde lid van Small Room Studio Productions, en
het reeds laasjaar in hul Soon To Be
Summer Concert haar talent as sangeres verleen. Sy is besig met die opname
van haar debuut kort-album onder leiding van Jandre Spangenberg en mede
liedjieskrywer J. J Brits. Haar eerste enkelsnit sal later hierdie jaar
vrygestel word.
“Daar is nog soveel in die pyplyn,” vertel Yolande ter afsluiting. “In
Maart het ons huiskonsert gehou, ons is tans besig met die laaste oefeninge vir
‘n groot Barnyard produksie saam met onderandere Jandre, Lindi Grobler, Tony
Drake, Nicolette en Justin Maree. Saam vorm ons deel van ‘n tien-stuk band wat
die 4de Mei by Willowbridge sal optree in samewerking met die Hanno Fourie
Trust. Die MC vir die aand is Dowwe Dolla – ons sien vreeslik uit! En Die Doringdraadduwwels is terug met ‘n
nuwe show, Moerkoffie, wat die 24ste
en 25ste Julie by die Bavaria Teater in Melkbosstrand sal speel, met ‘n
oorpspronklike liedjie en storie vertoning wat ek en Jacques geskryf het, Kleurvol, as voorskou.”
Die Moerkoffie produksie word ook later hierdie winter in die Suid-Kaap opgevoer.
Volg Small Room Studio Productions se Facebook blad vir meer nuus oor Yolande Strauss se nuwe kort album en optredes. Volg haar ook op Soundcloud: https://soundcloud.com/yolande-strauss en besoek haar op Facebook: https://www.facebook.com/yolande.strauss?fref=ts
Volg Small Room Studio Productions se Facebook blad vir meer nuus oor Yolande Strauss se nuwe kort album en optredes. Volg haar ook op Soundcloud: https://soundcloud.com/yolande-strauss en besoek haar op Facebook: https://www.facebook.com/yolande.strauss?fref=ts